KFC

KFC
Tipe Filiaalmaatskappy
Gestig Sanders Court & Cafe:
1930 in North Corbin, Kentucky
Eerste tak:
1952 in Salt Lake City, Utah
Hoofkantoor Gardinerlaan 1441, Louisville, Kentucky[1]Verenigde State
Liggings24 104 (2020)[2]
SleutelpersoneTony Lowings (President en HUB)[3]
Monica Rothgery (Operasies)
Catherine Tan (Bemarking)
Staci Rawls (Verhoudings)
Gebied bedienWêreldwyd
IndustrieKitskosrestaurante
ProdukteGebraaide hoender, hoenderburgers, wraps, aartappelskyfies, koeldrank, slaaie, nageregte, ontbyt
InkomsteVS$ 27,9 miljard[4]
MoedermaatskappyYum! Brands
Webwerfkfc.com
"Kolonel Sanders"
KFC-restourante wêreldwyd

KFC (die naam was oorspronklik 'n afkorting vir Kentucky Fried Chicken) is 'n kitskosrestaurantketting wat spesialiseer in gebraaide hoender. Hul hoofkantoor is in Louisville, Kentucky, in die Verenigde State. Dit is die wêreld se tweede grootste restaurantketting (volgens verkope) na McDonald's, met 18 875 winkels in 118 lande en gebiede. Sedert Desember 2013 is die maatskappy 'n filiaal van Yum! Brands, 'n restaurantmaatskappy wat ook die eienaar van die Pizza Hut en Taco Bell-kettings is.

KFC is gestig deur kolonel Harland Sanders, 'n entrepreneur wat begin het om braaihoender by sy padrestaurant in Corbin, Kentucky te verkoop tydens die Groot Depressie. Sanders identifiseer die potensiaal van die restaurantfranchise-konsep, en die eerste "Kentucky Fried Chicken" franchise open in Utah in 1952. KFC se hoender word so gewild in die kitskosbedryf, dat dit uitloop op die diversifisering van die mark deur die uitdaging van die hamburger se gevestigde oorheersing. Deur homself as "Kolonel Sanders" te merk en bemark, het Harland Sanders 'n prominente figuur in die Amerikaanse kulturele geskiedenis geword, en sy beeld word steeds in KFC advertensies gebruik. Maar die maatskappy se vinnige uitbreiding, beide plaaslik en oorsee, het die ouerwordende Sanders later oorweldig, en in 1964 het hy die maatskappy verkoop aan 'n groep van beleggers gelei deur John Y. Brown, Jr en Jack C. Massey.

  1. (en) "Annual Report 2012". Yum! Brands. Besoek op 23 Augustus 2014.
  2. "KFC: restaurants worldwide 2019". Statista (in Engels). Besoek op 5 April 2021.
  3. "Senior Officers & Leadership Team". Yum! Brands. Besoek op 15 Mei 2019.
  4. "KFC". Forbes (in Engels). Besoek op 5 April 2021.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search